Konyne Lyrics

Album: 
My Kreet
Song Year: 
2010
Genre: 
Pop

-

.

Neentien vier en neentig kom ‘n ommeswaai
Alles sou verander en ons waai ‘goog buy’
Twintig jare later,kyk waar staan ons nou
Ons pelle het hul kans verbrou

Ons manne oor die water se hul kom nie terug
Ons stuur ‘n noodsyn uit,maar toe verdwyn daai lig
Ons begin toe almal dink ons kort ‘n beter plan
Want ons nommers kwyn met elke man

[Koor]
Almal soos konyne
Kinders by dosyne
Kom ons bou ‘n stem
Om eendag weer te wen

Almal soos konyne
Kinders by dosyne
Kom ons bou daai stem
Om die verkiesing weer te wen

Honderde gesogtes en een groot skandaal
Honderde beloftes waarvoor ons moet val
Laat ‘n mens besef dit bly nogsteeds ons plig
Om op te bou wat was gestig

Oor ‘n honderd jaar van nou sal iemand oor vertel
Dat lank gelede was ‘n land in diepe hel
Maar iemand het gedink,en ‘n plan beraam
En daaroor stem ons almal saam

[Koor]