Ampersand Lyrics

Album: 
Skerm
Song Year: 
2014
Genre: 
Hip Hop

-

.

as jy my kan hoor
beteken dit jy luister Bittereinder in jou kantoor
of in jou kar of op jou foon terwyl jy loop
of dalk is jy vanaand in ’n live show gehoor! ja!
as jy my kan hoor
bou ons saam ‘n brug tussen sterlig en woorde
hierdie liedjie het jou nodig: jou denke, jou ore
sonder ’n leser is ’n skrywer onvolkome
liewe luisteraar
ek voel myself hier
solank jy is
solank jy is

this beat married my voice

“oh! that moves me! oh, it makes me move!”
dis die woorde wat rumoer in die hart van die groove
daar’s iets primitief in ’n stem en ’n beat
dis die eerste musiek, dis die voete om ’n vuur
dis die “two turntables and a mic” verhaal
dis die ritmes in ons bloed wat ons lewens bepaal
dis die “yes, yes y’all”, dis die Songs From the Mall
I can feel the city breathing in the middle of it all
in die Concrete Schoolyard het ek rympies geleer
en die BVK’t my in Afrikaans laat probeer
en ek is smoorverlief op al die dele wat nie vrot nie
“baby don’t worry, you know that you got me”
vasgevang soos SLAM! se voorvegter
my hart verlang na die ware, die egte
die regte hip-hop, the beat that stays true
“I’m always coming back home to you”

this beat married my voice in starlight, in secret, she…
she makes me sarmies with marmite, and weetbix
I promised her fidelity: there will be no remix!
she took my last name, but kept hers as a prefix

this beat and me
making sweet love in the evening
R.A.P. Rhythm And Poetry
what you’re hearing now is the sound of intimacy
oe, ja, dis die een wat by my pas
‘n huwelik van stembande en lieflike bas
tot die dood ons verras
ek en hip-hop skryf liefdesbriefies agter in die klas
kan jy my stem hoor? kan jy my hart hoor?
wat is jou antwoord? death of the author!
ek is ‘n halwe brug, jy is ’n metafoor
ek skryf nou oor skryfwerk, sing heel voor in die metakoor

ampersand