Speedos en crocs Lyrics

Album: 
Afrika Sonsak
Song Year: 
2006
Genre: 
Pop

-

.

Die beach is gepak met bruin gebrande lywe
Van toon gesmeer met lotion tot onder hulle kuiwe
Sonsambrele, sandkastele, kites en karretjies met roomys.
Mejuffrou Bikini, sangsensasie, Mnr Spierwys,
maar anderkant die duine,
naby aan die rocks staan ‘n ou en pose met sy speedos en crocs.

[Koor]
Speedos en crocs daai kite vlieg nie
Speedos en crocs is verkeerd
Speedos en crocs ek gaan nie vir jou lieg nie
Speedos en crocs is weird

Ek en Labs drink Coca Cola soos ons loop tussen duine
Wie se spiere is die grootste is dit joune is dit myne
Ons is manne op vakansie sonder stress sonder worries
En skielik staan hy voor ons Boelie die breker Barries
En ons hardloop oor die duine deur die mense na die rocks
Met Barries agterna in sy speedos en crocs.

[Koor]
Speedos en crocs daai kite vlieg nie
Speedos en crocs is verkeerd
Speedos en crocs ek gaan nie vir jou lieg nie
Speedos en crocs is weird

Dit raak stiller bietjie koeler, daar’s nog net ‘n paar sambrele
Ons soek jewelry en kleingeld en ons breek die sandkastele
Soos ons wegloop van die branders lê die lywe al hoe minder,
Ek en Labba kyk vir oulaas is daar iemand om te hinder.
Maar skielik uit die blou word ons omsingel by die rocks
deur Barries en sy tjommies in hul speedos en crocs.

[Koor]
Speedos en crocs daai kite vlieg nie
Speedos en crocs is verkeerd
Speedos en crocs ek gaan nie vir jou lieg nie
Speedos en crocs is weird

More songs