Rymtevaarder Lyrics

Album: 
Skerm
Song Year: 
2014
Genre: 
Hip Hop

-

.

hier’s jou sleutel, wees ‘n satelliet
ons word ‘n sterrebeeld wat dieper in die ruimte skiet
ek’s op ‘n wentelbaan met ‘n komeetstert
nou’s ons in diep ruimte, waar mens die hardste werk
veg vir jou suurstof, ek is ‘n rymtevaarder
ek trek nou sterrestelsels in sirkels om die aarde
konstellasies in patrone
donker spasies, planeetwonings
ons sluk die donker materie in die ligte van ons
ruimtetuig, kyk hoe die lyne buig
in die hoeke van die heelal is ons eintlik tuis
ek het ‘n nuwe intergalaktiese rybewys
dis mos jakkals op ‘n reis met ‘n leeu en ‘n perske
daai skip is toe ‘n ruimteskip, ons s’n vlieg die verste
dis ‘n vuurpyl-wedren en Bittereinder wen
ons is stelselmatig, ons ken elke ster se stem
werklik sterrekundig, soos HemelBesem
in die helder sterlig is ons hemelwesens
dis die ganse heelal wat ons hier vir jou skets
so sit jou gordel aan terwyl ek ruimteklets