A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
HOUSE  •  HIP HOP  •  DANCE •  POP  •  ROCK  •  SOUL & JAZZ •  KWAITO  •  R&B  •  GOSPELAFRIKAANS  •  FOLK

'n Duisend Soene Lyrics

-

Album: 
10 Jaar Platinum Treffers
Genre: 
Afrikaans
Language: 
Afrikaans

Gee my 'n bietjie van jou om vanaand in my koffer te pak.
Gee my jou glimlag, ek hou jou styf in my sak.
Gee my 'n woord uit my mond, waarmee ek 'n lied vir jou kan sing.
Want ek gee jou dit als 'n honderd keer, vir elke soen gee ek nog een meer.
Wag net hier vir my, want ek kom terug, om by jou te bly.

En ek bring 'n duisend soene, net vir jou, om vir altyd en ewig by jou te hou.
Tot ons weer ontmoet, tot ek jou weer groet, los ek al my soene vir jou.
Ons is eenkeer jonk, kan net eenkeer lewe, om eendag als te onthou.
Ek gee vanaand my liefde, my hart, en 'n duisend soene vir jou.
Gee my jou hande om my vas te hou in 'n donker nag.
Die kyk in jou oë, wat die kind in my kan laat lag.
Al staan jy hier en ek staan daar.
Elke oomblik saam kan ons bewaar.
Wag net hier vir my, want ek kom terug, om by jou te bly.
En ek bring 'n duisend soene, net vir jou, om vir altyd en ewig by jou te hou.
Tot ons weer ontmoet, tot ek jou weer groet, los ek al my soene vir jou.
Ons is eenkeer jonk, kan net eenkeer lewe, om eendag alles te onthou.
Ek gee vanaand my liefde, my hart, en 'n duisend soene vir jou.

En ek bring 'n duisend soene net vir jou, om vir altyd en ewig by jou te hou.
Tot ons weer ontmoet, tot ek jou weer groet, los ek al my soene vir jou.
Ons is eenkeer jonk, kan net eenkeer lewe om eendag alles te onthou.
Ek gee vanaand my liefde, my hart, en 'n duisend soene vir jou.
Ek gee vanaand my liefde, my hart, en 'n duisend soene vir jou.

Source: sgubhu.net

Similar songs

-

Juanita du Plessis Photos