Moderne Herwinbare Klanke Lyrics

Album: 
Pantomime op Herwinbare Klanke
Song Year: 
2008
Genre: 
Rock

-

.

Kom ons maak ‘n geraas
dis tog beter as ‘n leemte
en ons hoop saam dit klink mooi
dit kan vassteek en ontwikkel
tot melodieë
om die siklus wel te voltooi.
 
Dit kan ons splinter
en die gapings wel verbreed
totdat ons uitendelik weer sal ontmoet
van die duister verlede vergeet
van die duister verlede vergeet.
 
Woord vir woord dam dit op
ons versamel slegs die gemors
van moderne herwinbare klanke
kan ons betekenis daaraan heg?
hoe kan een en elk vir isolasie veg
 
Ek wentel voort in die hemelruim
en jy glo klaar ek is weg
tog beweeg jy al verder
wat is die punt van hierdie melodiee
wat is die punt van hierdie pyn
 
Woord vir woord dam dit op
ons versamel slegs die gemors
van moderne herwinbare klanke
kan ons betekenis daaraan heg?
hoe kan een en elk vir isolasie veg

More songs