Asetileen En Suurstof Lyrics

Album: 
Kaalvoet
Song Year: 
2011
Genre: 
Pop

-

.

Almal wag in spanning vir die klok om te lui vir die Desember holiday, ja vir sommige gesinne is die kombi gelaai vir hulle vakansie na Jeffreysbay maar vir baie ander boere in die noordvrystaat was die oes in hierdie tyd maar skraal en is die verste destinasie waarheen hulle sal ry Kroonpark of Allemanskraal.

Haal af jou voete van my skooltas hou op jy rek my trui ma praat met Frannie hy's 'n energiser bunny mamma hoekom ry ons jantuis bly

Ja so gaan dit hierdie jaar met die Wessels gesin op die plaaspad na Hamiltonsrus en ons wonder hoe de donner bly ons besig vir 'n maand 'n man vang ook net vir so lank vis. Een sondag in 'n lui lui uur anderkant die ou sinkstoor loop Frannie met ‘n opgeblaasde sak in sy hand en dit lyk vir my hy soek vir skoor.

Asetaleen en suurstof saam in 'n Checkers-sak met 'n lighter vir 'n vlam en toiletpaper vir ‘n lont toe weet ek sommer hier kom…
Kan ek asb vir ons n voorstel maak sê ek toe die bom ontplof 'n swartswak sal verseker vir n harder knal en ons gee hom bietjie meer suurstof uit die hoek van my oog sien ek die ou longdrop by die skadu van ons doringboom en my pa skrik wakker met 'n helse geraas hy dink eers hy het gedroom

Asetaleen en suurstof 'n swartsak en 'n ou longdrop daar's vir kwaadwees glad nie rede sê my pa stil tevrede kyk so blaas mens ‘n longdrop op.

Almal wag in spanning vir die klok om te lui vir die Desember holiday, ja vir sommige gesinne is die kombi gelaai vir hulle vakansie na Jeffreysbay maar vir al die lighties in die noord vrystaat wat vervelig op die plaas rondhang maak seker julle pa of julle ma is daar as julle ooit sulke stront aanvang.

Asetaleen en suurstof wat is jou ouderdom want 2 tot 13 is die ouderdomsbeperking op 'n asetaleen en suurstof bom

More songs